Ykboson

Die deeltjies van die Standaardmodel, onder meer die ykbosone regs.

’n Ykboson (Engels: gauge boson) is in deeltjiefisika ’n boson wat dien as draer van een van die basiese natuurkragte. Elementêre deeltjies oefen kragte op mekaar uit deur die uitruiling van ykbosone, meestal as virtuele deeltjies. Hulle kry hul naam van die teorieë wat dié kragte beskryf, bekend as die ykteorieë; die ykbosone is die kwantums van die ykveld.


Developed by StudentB